Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Bedelaarsgebed

Deur Viooltjie
Datum gepubliseer: 1 Desember 2019 Aantal woorde: 234 68 Kere gelees 2

Here,
help tog vir Suid-Afrika,
die suiderland kry swaar.
Soms is sy so moeg,
Heer, ek dink haar senuwees is klaar.
En haar hande wil nie werk nie,
deesdae voel haar vingers stram.
Haar spiere het verswak,
Here, haar bene is verlam.
En haar voete kry nie rigting nie,
haar spore het verdwaal.
Here, hoe sal sy die weg weer vind
as U haar nie kom haal nie?

Haar kinders is verlore
op ’n pad in die woestyn;
die bome, gras en bossies –
dit het alles weggekwyn.
Die reën het nooit gekom nie,
die reën het weggebly.
(Haar Karoo, Heer, haar Karoo
het al veels te veel gely.)
En waar eens die blink riviere was
wat oor haar landskap lint,
is nou net die droë lope
en barre damme nog te vind.

Here,
red tog hierdie suiderland,
haar huis is aan die brand.
Daar woed vlamme in haar stede,
sy ly gebrek aan rus en vrede.

Here,
wees nou met Suid-Afrika,
U sien mos sy kry swaar.
U wéét tog dat sy moeg is
en haar senuwees is klaar.

Vul seblief U bekers
met waters vol van lewe
en skink dit oor haar velde;
laaf haar oewers en haar mere.

O Here,
seën tog vir Suid-Afrika.
Seën haar haard en ook haar werf.
En heel haar seerkry met U hande
alvoor sy aan haar wonde sterf.

© Carma Shaw
26 November 2019
10:31




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Zebulon Kochk

    1 Desember 2019

    Hartseer mooi skryfsel😯

  2. Viooltjie

    5 Desember 2019

    Baie dankie, Zebbie 😊

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 355
Kommentaar telling: 921

Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat ek te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 101 gaste aanlyn

Bydrae Totale