Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: Be-oordelaar

Deur Wilfred Funchal
Datum gepubliseer: 24 April 2019 Aantal woorde: 279 210 Kere gelees 2

Be-oordelaar
Jy, ja jy mens, wat met die tong vuur spoeg
jy wat in ander se wese , se siele diep in ploeg
jy wat glo jy is heel en so ander se vreugde steel
met die groot verskoning, jy het sommer net gespeel

Mense, kwesbaar, vol van die letsels, hul lewe is hel
ander wat hulle deurentyd met oordeel vel
het jy, mens, een tree geloop in die ander se skoen
het jy mens, ook, hul gegroet met Iskariot soen

Die seer lê diep en die letsels steeds onsigbaar
vir ander lyk die ek, altyd mooi en tog so draagbaar
binne weet niemand die stryd agter die mooiste glimlag
eintlik, is dit stukkend, verdoesel ,’n lewende hel, dis nag

Weet jy mens, hoe jou skynheilige, wit pleister
‘n ander se lewe en siel so vreesaanjaend teister
niemand, nie een, sien dan ooit deur jou kwaad
jy dra dan, die moooiste wit, engele gewaad

Sou jy my tog maar fisies, ernstig seer kon maak
dat ek die pyn in die werklikheid, kan smaak
nou is dit my diepse emosies wat ewig kraak
ha,dit is dit wat in geheim tog so sleg smaak

Donker is my binneste, verwoes deur manipulasie en nyd
my opregte gevoelens, my liefde, by die deur uitgesmyt
verniet, verniet het ek oor en oor probeer, ek wou keer
maar met ‘n gewete toegeskroei, sou jy nooit nie leer

Te laat, te laat, my gesang is eens uit, geen veggees
so voel ek eens weer nutteloos, waardeloos, totaal wees
diep binne weet ek ,die keuse moet ek maak, dis my lot
draai terug, in Sy oë, is ek kosbaar. In Sy hand veilig!!
Kopiereg © Wilfred (willy) Funchal




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 16
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale