Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Awendster vir Amakeia

Deur Cornien
Datum gepubliseer: 14 Maart 2016 Aantal woorde: 193 1119 Kere gelees 23

Ek roep jou naam, deur die berg klowe – Amakeia
en al wat terugkeer is … eia, eia, eia,
soekend wandel ek langs die dig begroeide bospaadjies,
soek ek iets van jou, agter elke struik en gaatjie.

Op my tog verdwaal ek tussen witstinkhout en geelhout bome
wat majestueus pronk aan die voet van die groot Amatola-berge
en daarnaas slang kronkel die kei-rivier nogsteeds –
verborge sy geskiedenis van iets so wreeds.

Verbeel ek my – ek hoor jou saggies neurie …
alhoewel die natuur hom nie daaraan steur nie,
dan … sien ek jou skim, moederlik met die kleintjie
op jou rug, sing jy saggies jou rympie…

“Wees stil my kind,
wees stil my baba…”

Verseker jy die kleinding sy pa sal tuis wees met dagbreek
wyl assegaai diep in jul hart steek …
dat ‘n ster hom huistoe sal ly
voor die doodsengel sy sin kon kry.

Dan verdwyn jou wasige beeld
nadat Maxosas die verhaal verseël
met hul onheils lag
op die grens van die nag.

Jou heilige belofte lê nogsteeds op die altaar …
wandel jou plig die tog elke jaar,
beskerm jy jou nonna se kind
en wag om die laaste awendster te vind.




TEMAS
8 Kommentaar
  1. neels

    15 Maart 2016

    Hierdie is n absolute wenner Cornien

    • Cornien

      17 Maart 2016

      Baie dankie, ek waardeer hierdie welkome kommentaar. Ek glo altyd ‘n mens moet jou inleef – dan kom die beste na vore!

  2. Evelyn van der Merwe

    15 Maart 2016

    Mooi beskrywend gepen.

    • Cornien

      17 Maart 2016

      Baie dankie Evelyn, probeer my bes, sal graag in jou voetspore wil volg!

  3. HelenaMellet

    15 Maart 2016

    Baie mooi

  4. Anze

    15 Maart 2016

    Dis pragtig!! Baie dankie vir jou bydae tot die Amakeia projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 127
Kommentaar telling: 86

Om te skryf is my passie, vir 'n wyle ontvlug ek die gejaag. Kry ek 'n oomblik om te voel, te sien en weer te gee, skepping, harts taal - beleef ek die inner siel van my medemens.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 108 gaste aanlyn

Bydrae Totale