Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: avonture

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 18 November 2020 Aantal woorde: 78 37 Kere gelees 1

.
onder sagte walms
van fynbos blare sit ek
wind waai bo-oor my
vorm dak van meel
stuifmeel so geel
.
elke nuwe dag
‘n nuwe avontuur
van ondersoek
krap, soek en
dalk vind
.
my siel sweef
hoog oor wye seë
duine en berge
mense kulture
oneindig ver
.
hoog oor alles
troon iets oneindig
onbeskryflik groot
groter as dood
wyer as lewe
.
my hart strewe
na oneindige avonture
breër, wyer as lewe
dieper en verder
as aards
.
©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1001
Kommentaar telling: 134

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 39 gaste aanlyn

Bydrae Totale