Titel: aura et aurora
Deur Tearlach

–
donker dieptes van jou siel
trek onmeetbaar sterk aan
verorber enige onvaste stof
soos ‘n swartkolk alles sluk
lok dit nader na swart aura
waar dit verewig in verdwyn
–
spierwit blink jou aura van lig
verwelkom elke mens wat wil
trek meer lig nader en verenig
lig en Lig tot ewige helder Lig
oor berg en dal en wêrelde ver
–
©Teárlach
TEMAS