Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Augustus 2020 – OOP projek

Deur Anze
Datum gepubliseer: 3 Augustus 2020 Aantal woorde: 162 78 Kere gelees 1

Beste INKers
Voor ons kon oogknip betree ons alweer reeds die winderige Augustus. Laat ons waak teen ‘n premature opgewondenheid, maar ons kan begin uitsien na die einde van die koue.
Ons hou by die regs, aweregs patroon van projekopdragte en vind ons dus midde-in die “geen opdrag” van die siklus.
Daar is dus geen tema, lengte of patroon voorskrifte nie.
Alle afdelings: gedigte, rubrieke, artikels, gorrels en verhale is totaal oop vir eie verbeelding.
Ek wil die geleentheid gebruik om gereelde deelnemers te bedank. Ek vertrou dat die inspraak op julle werk ‘n positiewe bydrae lewer.
Neem asseblief kennis dat alle korrespondensie aangaande kommentaar op jul inskrywings en alle ander navrae gestuur kan word aan inkmoderator@gmail.com.
Skryf lekker saam.
Woordgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS PER AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR PUBLIKASIE ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PUBLIKASIE INDIEN DIT NIE N GEDIG IS NIE




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 259
Kommentaar telling: 2909

Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 48 gaste aanlyn

Bydrae Totale