Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As my hart op hol raak

Deur Loretta Szikra
Datum gepubliseer: 5 Julie 2019 Aantal woorde: 77 159 Kere gelees 6

As die stilte om my te veel raak
en my gedagtes begin raas
voel ek hoe my hart hunker
om terug na jou te haas –
deur die krater in my binneste
waar verdriet opnuut ontvlam
wanneer trane van verlange
opslag in my opdam

As my gedagtes weer ophol raak
soos jy deur my denke waai –
dan onthou ek hoe jy wegstap
met my hart se flenterslierte
wat jy om jou pinkie draai

©Loretta Szikra
6 Julie 2015




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 129
Kommentaar telling: 215

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 53 gaste aanlyn

Bydrae Totale