Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As is verbrande drome

Deur Rooiwyn digter
Datum gepubliseer: 10 Januarie 2019 Aantal woorde: 133 256 Kere gelees 1

As is verbrande drome

As ek met jou hart wou praat
Sou jy hom rustig maak om te luister

As ek jou siel wou inkleur
Sou jy my die leë bladsy gee

As ek in jou gedagtes se gange wou dwaal
Sou jy my die sleutels tot deure gee

As ek jou lippe wou aanhang
Sou jy vir my fluister

As ek jou op my hande wou dra
Sou jy my die kans gun

As ek jou soet nek wou proe
Sou jy saam my die wyn drink

As ek jou glimlag wou skilder
Sou jy stil sit

As ek vir jou die sterre wou vang
Sou jy vir my elke dag wag

As ek my hart aan jou belowe
Sou jy hom heel aan die ander kant deur bring?

Deur
Regardt Belo




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 49
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 127 gaste aanlyn

Bydrae Totale