Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As hy nie beter is nie bel maar weer

Deur Pannetjie
Datum gepubliseer: 3 Mei 2019 Aantal woorde: 215 234 Kere gelees 4

Bel môre weer

In Bloemfontein is ‘n loodgieter wat nogal trots op sy werk is en al die mense wat vir hom werk word goed op hul tone gehou. Maar die man het ‘n uitstekende humorsin en hou ook nie daarvan dat mense met hom moet probeer mors nie.

Een Sondagoggend net na kerk bel ‘n dokter die loodgieter in verband met die een toilet is sy huis wat stukkend is. Die loodgieter onderneem om die volgende dag vroeg iemand uit te stuur na sy huis om die toilet reg te maak, maar die dokter wou niks weet nie. Die toilet moes onmiddellik reggemaak word.

Omdat die dokter nie wou verstaan dat dit Sondag is nie en dat die toilet nou nie so belangrik kan wees nie het die loodgieter maar self uitgery na die ou se huis. Daar aangekom het hy die dokter gekry om die stukkende toilet uit te wys en is die loodgieter terug na sy bakkie. Daar so bietjie gekrap, weer toilet toe en oppad uit gaan groet hy weer die dokter wat verneem of die toilet reg is. Die loodgieter antwoord: “Ek het twee Disprins in die bak gegooi, as hy môre nog nie beter is nie bel maar weer.” En met die woorde is hy daar weg.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Anze

    3 Mei 2019

    Whahahaha kostelik!!! Kry die dokter sy eie medisyne… letterlik en figuurlik terug!!

  2. Ano

    11 Mei 2019

    Hahahahaha! Jip, ek stem saam met Anze – dit is kostelik.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 11
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 69 gaste aanlyn

Bydrae Totale