Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As ek die wind was

Deur Niel Cloete
Datum gepubliseer: 12 Julie 2016 Aantal woorde: 98 941 Kere gelees 11

Ek wens ek was die wind
ek sou in die veld speel
waar jy die meeste van jou drome droom
en saam met jou deur die blomme hardloop

Jy sou my sien dans
en geweet het dit is ek
as ek ‘n najaarsblom saggies
in jou hande kom sit

As jy gaan slaap sal ek deur die blare sing
en saggies aan jou venster ruk,
al was hy nog altyd toe vir my-
net sodat jy weet jy is nie alleen nie

Ek wens ek was die wind
sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon lê




TEMAS
8 Kommentaar
  1. Anze

    11 Julie 2016

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die najaarsblom projek

  2. neels

    11 Julie 2016

    dit is nou n pragwerk Neil

  3. Eduard Smith

    19 Julie 2016

    Niel, ek begin nou so stadig deur almal se werk lees, om so op eie tyd (en vinnig genoeg hoop ek) met almal se skrywes vertroud te raak. Ek lees jou profiel (want ek is maar nuuskierig van natuur) en sien dat jy `nog heerlik kuier in jou vroeë twintigs. Dit opsigself is vir my wonderlik want ons het jongmans se stemme in die poësie nodig.
    Ek hou van jou gedig; die potensiaal en die halwe onskuld waarmee dit geskryf is. As jy my vergun, ek het so bietjie aan jou vers gekrap. Ek plaas dit hieronder. Net voorstelle en raad, met geen kritiek nie.

    Ek wens ek was wind [die verwyder vir effek
    wat in die veld kon rumoer [
    waar jy die meeste van jou drome droom
    en saam met jou deur die blomme hardloop

    Jy sou my sien dans
    en geweet het dit is ek
    as ek ‘n najaarsblom saggies
    in jou hande kom sit

    As jy gaan slaap sal ek deur die blare sing
    en saggies aan jou venster ruk,
    al was hy nog altyd toe vir my-
    net sodat jy weet jy is nie alleen nie

    Ek wens ek was die wind
    sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon lê

  4. Eduard Smith

    19 Julie 2016

    Jammer, die vorige boodskap het geplaas voor ek klaar was met die gedig:

    Ek wens ek was wind
    wat in die veld kon rumoer
    waar jy die meeste van jou drome mymer
    om saam jou deur die blomme te loop.

    Jy sou my sien dans,
    geweet het dat dit ek was
    as ek ‘n najaarsblom sag
    teen jou hande vee.

    Wyl jy slaap sal ek deur die blare sing
    en matig aan jou venster ruk,
    ten spyt daarvan, dat die ruit vir my gesluit is –
    net vir jou, om te weet jy is nie alleen nie.

    Ek wens ek was wind
    sodat ek saam met jou tussen die najaarsblomme kon woeker.

    Lees maar en gesels met my in die inboksie.
    Groete
    Eduard

  5. Ronel Janse van Vuuren

    25 Julie 2016

    Pragtig. Ek hou van hoe die wind speels en tog hartseer is deur die gedig.

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 45
Kommentaar telling: 14

Ek is nie baie wys nie, ek leer nog.Ek is nie baie oud nie, ek groei nog.My spelling is swak en my woordeskat is klein, maar dis als oky díé kom nog.Ek is tans besig met my 3de jaar as Multimedia Design student . Ek is mal daaroor! kreatiwiteit is my voorland. As die lewe my deurmekaar ruk gryp ek my pen ruk terug!Liefde vir skryf. Liefde vir God.Ek het 'n afro.Ek behou kopiereg op als wat ek publiseer.

Gebruikers Aanlyn

4 Lede, 83 gaste aanlyn

Bydrae Totale