Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As Duisternis na Lig verander

Deur Ronel Janse van Vuuren
Datum gepubliseer: 25 Augustus 2019 Aantal woorde: 142 63 Kere gelees 3

As ons daaroor dink, moes ons die blokkade vroeër opgestel het. Toe ons begin bekommerd raak het, was dit al te laat: die koue het in ons stad ingeglip.

Dit is wat gebeur as jy dink dat vampiere net tot die ryk van die onwerklike behoort.

Die ster val uit my greep. Die are op my hande staan soos lyne op ‘n kaart uit; dit het begin. Ek bewe. Die blou-swart lug strek vir ewig aan, net soos die duisternis in my dorp.

Dit is te laat om te veg.

Ek trek my baadjie nader en kyk hoe my adjunkte die reëls afdwing. Ons het so lank ‘n nagskedule gehad, ek het vergeet hoe dit voel om die son op my gesig te hê.

En nou … Sodra die son se strale meer as die horison verlig, sal dit alles eindig.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 93
Kommentaar telling: 264

Daagliks skryf ek die stories neer wat in my kop woel. Of dit nou oor olifante en kabouters in die Knysna bos is en of dit oor ‘n tienermeisie is wat die wêreld moet red, ek is daar. My wêreld draai om my twee Rottweilers – hulle leer my om die perfekte dag na te streef, want vandag kan die laaste wees. Die perfekte dag: lag, dink en huil. Om te skryf maak elke dag die perfekte dag. In 2016 EN 2018 was ek ook benoem as Verhaalskrywer van die jaar hier op INK. Ek kan gevolg word op Twitter @miladyronel en meer van my gedagtes kan gevind word op my webtuiste http://www.ronelthemythmaker.com.

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale