Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: As die natuur roep

Deur Pannetjie
Datum gepubliseer: 3 Mei 2019 Aantal woorde: 310 230 Kere gelees 3

As die natuur roep

In die Boesmanland op die Pofadderpad het ’n oom geboer wat toe ek ’n kind was vir my na ’n reus gelyk het. Nie dat hy so danig lank was nie maar sy omtrek was buitengewoon. Hy het ook een van die Ford Transit bakkies gery met die groot deure. Ek neem maar aan dit het die inklimslag bietjie vergemaklik.

So wil die storie dit hê dat sy ronde lyf gemaak het dat sy arms te kort geraak het vir hom om by die noodsaaklike tools uit te kom as die natuur roep. Hy moes altyd ’n bietjie hulp inroep as dit sulke tyd raak. By die huis het sy vrou altyd reggestaan om te help maar as hy kraal of veld toe gegaan het was daar ’n leemte wat gevul moes word. Vir die leemte het hy so ’n opgeskote kind van een van die werkers aangestel. Behalwe vir hekke oopmaak as daar gery word moes hy die oom help om die regte tool uit te kry as hy water wou afslaan.

Een wintersoggend was dit snerpend koud in die Boesmanland en die oom se vrou, wat ook moes hand bysit by die aantrekkery, besluit hy sal nie die dag oorleef as sy nie ’n plan maak nie en sy trek sommer vir hom ’n paar sykouse, met kousbroekie en al, aan teen die almintige koue.

Later die oggend in die veld was dit dan ook tyd om die roep van die natuur te antwoord en die opgeskote mannetjie is nader geroep. Hy het broek se zip oopgetrek en voel hy daar vir die tool maar kry hom nie so maklik soos hy al gewoond geraak het nie. Hy sê: “Oubaas ek kry hom dan nie vanmore in die hanne nie” waarop die oom antwoord: “Soek hom jou klein bliksem, jy het hom laas gehad”.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 5
Kommentaar telling: 0

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 85 gaste aanlyn

Bydrae Totale