As die kiewiet roep
Ek dwaal in grotte van gys granet
met druppende stalagmiet
die eggo’s van ‘n waterval
weerklink soos ‘n skoot wat knal
ontstuimig lop my hart as ‘n vulkaan uitbars
die reuk van swael laat my p my tande knars
hoë berge laat my duiselig steier
asof klokke in my longe beier
dis net as die kiewiet roep en skree
dat ek by my vuurtjie sit: stil en tevree.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2021 – Verwagting/e-projek