Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ars erattum

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 18 Januarie 2020 Aantal woorde: 73 32 Kere gelees 2

hoog op my duin
sit daar ‘n kraai
spekvet gevreet
en baie kordaat

sy skor geskree
klink soos sink
krap hy met als
sodat ek bewe

wat nou kraai
dit is my sitplek
waar jy op sit
bring jy nuus

nee sê die kraai
ek soek afleiding
te veel droogte
krap nou my keel

kraai – kraai sjoe
jy sweef dan hoog
ja en jy weet mos
my ore is te broos

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 766
Kommentaar telling: 116

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 44 gaste aanlyn

Bydrae Totale