Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker
Taal waarskuwing*

Titel: AREND OF KALKOEN?

Deur Martha
Datum gepubliseer: 19 November 2019 Aantal woorde: 411 87 Kere gelees 1

Ek het hierdie storietjie al baie maal gehoor, maar nog nooit op myself van toepassing gemaak nie. Nee, ek weet regtig nie hoekom nie, hoor.

Ek sit nou weer en kyk na ‘n program waar hierdie klein arendjie bespreek word … en dit daal op my neer! Sowaar! Ek is 65 en ek het vanaand vir die eerste keer in my lewe besef ek is ‘n arend. En hoe meer ek die ding bedink, hoe meer besef ek dat ek eintlik al hoeka vlieg, maar dat ek nog altyd saans saam met die kalkoene en hoenders kom slaap.

Simpel? Laf? Ja, seker. Maar ek het ‘n ander woord daarvoor. Ek hoor nie dat mense nog baie praat van iemand wat ‘steeks’ is nie, maar dis nou ek daai. So steeks soos ‘n hardegat donkie wat besluit het hy staan waar hy staan. Ja, dis nou ek daai.

Ek moes nou behoorlik inventaris hou van al die redes waarom ek in die lug behoort te bly. En sowaar, daar is nogal ‘n lysie en ‘n half, hoor.

Nou hoekom dan die stupid gewoonte om maar liewer saam met die hoenders in die aand te gaan slaap? Hoekom bly ek dan sommer vir weke en maande saam met hulle? Hoekom, vra ek jou?

Die slotsom is die vreeslike mooi woordjie: nederigheid. Ja, dis mooi en goed en baie beskaafd om nederig te wees, maar elke ding het sy perk.

Waarom, o waarom wil jy jou lampie onder die spreekwoordelike maatemmer wegsteek? Of nog erger, waarom blaas jy vir lampie dood en bêre hom in die besemkas? Ja, hy kry nie eens ‘n ereplekkie iewers in ‘n vertoonkas nie, hy word onseremonieel in die besemkas tussen die besems en skottels en skoonmaakgoed gedump.

Hoekom sou jy so ‘n dom ding wou doen?

Opeens spring die waarheid vierkantig voor my: Jy doen dit omdat jy nog nooit in jou eie vermoëns geglo het nie. Die hele heelal sien dat jy ‘n arend is en respekteer jou daarvoor, maar jy …? Wat doen jy?

Jy sit daar op die mishoop saam met die hoenders en Arend vra jou wat maak jy daar. Jou antwoord? Ag, ek doen maar my dingetjie so stilletjies, hoor. Ek is nou maar wie ek is en ek geniet wat ek doen, maar moet tog net nie ‘n ophef daarvan maak nie, seblief tog nie.

En nou wil ek vir jou kom sê: Sies vir jou! Gebruik jou vlerke en vlieg hoog, arendskind.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Toom

    19 November 2019

    Welkom in die klub!
    GvT

  2. Martha

    20 November 2019

    Vlieg hoog, Koningskind!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 40
Kommentaar telling: 11

Ek is 'n Namibier in murg en bloed. Ek hou my lewe lank skook, met hier en daar 'n kort tussenpose. Ek is getroud, het drie kinders en (op die oomblik) drie kleinkinders. Dit het my my lewe lank gevat voordat ek die moed gehad het om te begin skryf. PUBLICATIONS Books: Tuiskoms, by Martha Poller. Published by Malherbe publishers (2018), 193 pages. ISBN 978-1-928413-65-3 Hagar, by Martha Poller. Published by Malherbe publishers (2017) 270 pages, ISBN 978-1-928413-70-7   Short stories: ·         My lewe in ink – ‘n versameling van inspirerende dagstukkies. Published by Carpe Diem Boeke (2002) ISBN 1-919912-07-X Martha’s contribution: Jesus, ek is blind! (page 180) ·         Keur van verhale 4 – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers. ISBN 978-1-928413-40-0 Martha’s contribution: Die Misverstand (page 72) ·         Kierangspruit se Sirkus – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers ISBN 978-1-928413-90-5 Martha’s contribution: Rocco se hartseer vertoning (page 82) ·         Verspeelde Matriekafskeid Published by Huisgenoot (8 February 2018) and read on Maroela Media  (2 February 2018) ·         In die grasie van jou wese – ‘n Potpourri Publikasie (2018) Published by Malherbe Publishers   ISBN 978-1-928415-57-2 Martha’s contribution: (V)oorbegin

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale