Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: APRIL PROJEK: UITSLAE deur INK MODERATOR

Deur Inkmoderator
Datum gepubliseer: 8 Mei 2019 Aantal woorde: 728 215 Kere gelees 6

Ink – April Projek uitslae

Gedigte:
WENNERS:
Gedigte – Brons
1ste : Ruby – Magret Cordier
2de: My oups Klaas en my ouma Nettie – Marieta McGrath
3de: Die nagmaal – Ronnie

Gedigte – Silwer
1ste: Die pouse – Erika Viljoen
2de: Is daar Whisky in die hemel? – Loretta Szikra
3de: Black hole – Charleine Collins

Gedigte – Goud
1ste: Gebroke windpomp – Anzé Bezuidenhout
2de: Alles wat jy van rugby wou weet… – Carma Shaw

GORREL:
1ste: Pa en die maanhaar- Stephan Uys
2de: Die kar op my gat – Marsofine Krynauw
3de: Kruip-kruip – Kiekies

ARTIKELS:
Wenner: Lag tog ‘n slag – Ano

VERHALE:
1ste: Karel en die spinnekop – Lynne Lexow
2de: Dag van die beduiwelde eiers – Riaan Palmer
3de: Spêktakoeler proposal – Ronnie

Kommentaar:

Boetman en die baber – Amanda de Mellion
Heerlike komiese gedig met ‘n geslaagde rympatroon. Let asseblief daarop dat sinne in verse slegs met ‘n hoofletter begin ná ‘n leesteken soos ‘n punt, vraagteken of uitroep teken. Waar ‘n vers enjambies is en/of ‘n komma gebruik word, is ‘n hoofletter ongevraagd. Baie dankie vir jou aanbieding. Ek het heerlik hieraan gelees.

Nagmaal – Ronnie
Ek dink jy het ‘n treffer geskryf. Jy het die humor in die gewydheid ingewerk en selfs ‘n funksionele en heerlike rympatroon ontwikkel. Jy het vir seker hierin geslaag. Baie dankie vir ‘n pragtige lagwekende (en gewyde) vers.

Limeriek – Elna Kruger
Heerike limeriek. Ja nee, die eskomfeite word afgesaag.

Grappe vir ‘n gedig – Zebulon
Dis heerlik Kaaps, en ek struikel so bietjie omdat ek dit nie gereeld lees nie. Die fout is dus nie by jou nie, maar eerder by my ongeoefende oog. Ek hou hiervan en dink jy het baie potensiaal om jou verse tot sterstatus te ontwikkel.

Die keiser se nuwe klere – Elna Kruger
Heerlik. Dis goed as die digter ‘n politieke stem ontwikkel. Dankie vir jou deelname.

My brulpadda prins – Elna Kruger
Koppel die kwaak-kwaak. Dit lyk netjieser en lees makliker. Dan, die gebruik van die ellips is ‘n noodsaaklikheid in digkuns maar moet reg gebruik word. Ie is altyd NET drie punte en volg direk ná die laaste woord; stilte…
Dankie vir jou deelname. ‘n Heerlike vers.

Black hole – Charleine Collins
Tot ek by die handsak gekom het, het ek nie werklik die humor raakgelees nie, maar is toe verras. Oulike idee om die sterrestelsel met ‘n handak te vergelyk. DIt kan nogal ‘n deurmekaarspul wees. Oulike vers.

Priemmaat – Charleine Collins
Heerlik, heerlik, heerlik. Dankie vir jou deelname.
Is daar Whisky in die hemel – Loretta Szikra
Hierdie vers is uit die boks, vars en kan selfs as gewaagd ervaar word. Ek hou hiervan. Dit is eerlik en aards. Dankie vir jou deelname.

Ballade vir ‘n narcissus – Carma Shaw
Ek hou baie van hierdie gedig. Dit is mooi ontwikkel en lees heerlik. Ek sukkel egter om die vers byvoorbeeld in ‘n versameling komiese gedigte te sien. Ek is dalk té streng, maar ek sou nie hierdie in die komiese genre tel nie.

Limeriek – Marieta McGrath
Heerlike limeriek. Let asseblief ne top die voordurende gebruik van hoofletters regdeur die vers.

Jy oupa Klaas en my ouma Nettie – Marieta McGrath
Dit is werklike ‘n goed gekonstrueerde vers, vol kwinkslae. Die rympatroon is vloeiend en ongeforseerd. Welgedaan.

Kerkhof kaskenades – Ronnie
Heerlike snaakse gedig. Lekker hieraan gelees.

Babelas – Barbara Smit
Heerlike komedie. Dankie vir jou deelname

Piet Praat – Barbara Smit
Geslaagde humoritiese vers.

Die haan kraai koning – Amanda de Meillon
Onthou om nie hoofletters in elke sin te gebruik nie. Dit behoort selektiewe leestekens te volg. Heerlike vers.

Rooipet rampokker – Lynne Lexow
Dankie vir ‘n heerlike vers.

Humor – Tearlach
Heerlik, geslaagde vers.

Gebroke windpomp – Anzé Bezuidenhout
Die uitklophou in die slot is heerlik. Ek het baie lekker gegiggel. Geslaagde komedie.

Ruby – Magret Cordier
Heerlike komedie.

Die pouse – Erika Viljoen
Geslaagde komiese vers. Dankie vir jou deelname.

Oompie Frans – Barbara Smit
Dankie vir jou deelname. Heerlike komedie.

Alles wat jy van rugby wou weet… – Carma Shaw
Spelling: weird
Interessante en heerlike vers.

GORREL:
1. Die kar op my gat – Marsofine Krynauw
Heerlik en snaaks

2. Pa en die maanhaar – Stephan Uys
Snaakse verhaal wat heerik lees

3. Kruip-kruip – Kiekies
Pragtig en snaaks.

ARTIKELS:
1. Lag tog ‘n slag – Ano
Goeie navorsing. Heerlike artikel

VERHALE:
1. Spêktakoeler proposal – Ronnie
Pragtig

2. Dag van die beduiwede eiers – Riaan Palmer
Talentvol en heerlik.

3. Hoofletters in rooi – Gerda-Marie
Heerlik gelees. Dankie

4. Romanse op die strand – Palet
Heerlik. Baie dankie.

5. Karel en die spinnekop – Lynne Lexow
Pragtig, snaaks en goeie leesstof. Dankie.




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Amanda

    9 Mei 2019

    Baie dankie vir die terugvoering. Baie geluk aan al ons wenners.

  2. Ano

    11 Mei 2019

    Baie dankie vir die harde werk wat jy elke maand insit Ink Moderator!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 28
Kommentaar telling: 126

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 75 gaste aanlyn

Bydrae Totale