Jongste aktiwiteit:

April 2017 projek – Ope projek

In hierdie projek wil ons hê jy moet op drie aspekte van dig- en skryfkuns konsentreer. Om dit effe meer toeganklik te maak is dit ‘n oop tema en geen spesifieke versvorm (in die geval van verhale en rubrieke is dit ‘n oop tema) word verlang nie. Wat egter in die gedig / kortverhaal ingesluit moet word is:

1. Een metafoor
2. Een vergelyking
3. Een geval van personifikasie.

Ek gaan vinnig verduidelik wat die verskil tussen die bogenoemde is:

VERGELYKING:
Dit word altyd voorafgegaan met ‘n soos/so-as ens. Indien ‘n persoon of situasie met iets anders vergelyk word: ‘so vet soos ‘n vark’; ‘so fliks soos ‘n mier’ ens. waar die METAFOOR die skrywer een stappie verder neem waar iets of iemand iets anders word. ‘n Maklike voorbeeld is: Hy het senuwees soos staal (vergelyking) en; Hy het senuwees van staal (metafoor)

PERSONIFIKASIE:
Personifikasie is ‘n spesifieke soort metafoor waar menslike eienskappe toegedig word aan nie-menslike eienskappe. Dinge en begrippe kry persoonlike eienskappe soos byvoorbeeld:
(AG Visser) “Die maanlig het die see gesoen”

METAFOOR:
Waar mens aan twee verskillende voorwerpe dink, maar jy noem net een dan gebruik jy ‘n metafoor. Bv: Berge omarm die vallei ( die lyk asof die berge soos twee arms om die vallei strek)

Daar moet ten minste een van elk van die drie elemente in jou plasing voorkom. Dit is ‘n heerlike oop tema en ons sien baie uit na jou besonderse inskrywing/s.

Lekker skryf
Projekbestuur




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed