Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Appelboom

Deur morne du preez
Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 Aantal woorde: 104 197 Kere gelees 3

Onder die blou-pens-lug
waar vlinders-vlug
en sywurms-sug
lag die wolke breed
klets ‘n kraai-kardoes
is dit ‘n goud-sliwer-ring?

Binne die appel-bloeisel-blom
sit ‘n by en brom
oor die spinne-kop-gom
tyd vermom en heuning
die soet-tand-grond-roer

Na volgende bladsy
Sien die bladsy is vir jou
Poppie jy is mooi
skarlaken getooi
Wys my jou appel-vy
soos ons die bloukraansies-ry
en in mekaar in kerf
Chanel n0’5 baby
En ek het die gees

Ek wil my vingers
diep in jou,diep in jou
begrawe,jou oop-deug
gebaar-gelofte
in ‘n asblik van ons veraste
omloop in tyd verheug

dis nou net-nou
onder die appel-boom

©Morné du Preez




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 45
Kommentaar telling: 22

n dromerkind van oud nuut in skryfkuns maar die woorde hou my snags wakker,kunstenaar. Leser,loper advontuurus,hengelaar. ek hou my asem op om die hemel te kan vind waar ek nie anders is nie maar een wat nie anders is as ek myself nie.

Gebruikers Aanlyn

6 Lede, 113 gaste aanlyn

Bydrae Totale