Titel: antwoorde
Deur Tearlach
wanneer wind waai
sing blinders altoos
en ou tannies bloos
as hul rokke opwaai
droë tolbosse vergaar
hardloop voor die wind
tol en speel soos kind
stapel teen grens daar
die wind bring reën
leemtes word gevul
gebede bring seën
©Teárlach
TEMAS