Jongste aktiwiteit:

Anoniem

Ek voel Hom as Hy naby my staan,
Hy laat my weet Hy is daar iewers,
in die mis wat my omarm . . . . . .

Sag streel Sy asem oor my heen,
en sonder ‘n woord raak hy my aan,
so verdryf Hy die drange . . . . . . . . .

As Hy peinsend oor my wag staan
en stil na my kyk hoor ek Sy gehuil,
dan wonder ek bevrees . . . . . . . .

Hy het besluit die weg is gebaan,
maar dit is nie vir my om te weet,
dit sal kom en dit sal gaan . . . . . .

Ek voel Hom van my af weggaan
om net skielik weer stil te staan,
en ek wonder wie dit is . . . . . . . .

27/04/2018 © C. du Plessis




Ek wou nog altyd skryf en het uiteindelik laas jaar 'n bundel uitgebring. Ek bedink nie spesifiek 'n skrywe nie, dit kom spontaan en op ingewing van die oomblik. Ek sal enige kommentaar, sleg of goed, aanvaar met ope arms.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed