Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: annablom

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 9 Augustus 2020 Aantal woorde: 84 61 Kere gelees Hou van

wanneer die blomme kom
dan juig die fynbos alom
voëls kwetter en speel vrolik
rooivalkies sweef grasieus

wanneer die blomme kom
dan swerf motors om en om
almal kwitter en kwatter
elke oomblik op fotos vas te lê

wanneer die blomme kom
gesiggies al agter die son aan
soms verwaai in die sterk wind
heeltyd in kleure prag verstom

wanneer die blomme kom
dink mense nie veel, neem net in
gou sal die tyd weer verweer
en blomme prag alles kwyn

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 937
Kommentaar telling: 131

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 46 gaste aanlyn

Bydrae Totale