Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Amber Liefde

Deur Ch Nel Venter
Datum gepubliseer: 30 Maart 2016 Aantal woorde: 112 1102 Kere gelees 27

Roes rooi vertoon ons‎
as ons val
van bome van die hart
As ons wankel in
ons ruimtes
onmeetlik so vol
van smart.
As die son goud drup
oor die vlakte
en die gras waai
soos golwe prag
Tot wanneer herfs
knip oog
vir die winter
Sal ek op jou wag.
‎”Amber rus ons liefde,
in afwagtiging
dat dit wéér ontspring”
Vir ewig aan
ons hartklop
n rusplek
en versugting  bring.
Na die herfs se
wonder kleure
Selfs na die winternag
se kou,
wanneer lente son
rinkink
En die somer
nader wink.
Selfs dan rus sagte
lief wees,‎
in stom afwagting
om arms om mekaar te vou
opnuut weer te ontspring.




TEMAS
6 Kommentaar
  1. neels

    30 Maart 2016

    ditb is nou werklik n pragtige werk

  2. Anze

    30 Maart 2016

    Hierdie is baie mooi vasgepen! Baie dankie vir jou pragtige bydrae tot die herfs projek

  3. Ch Nel Venter

    30 Maart 2016

    Dankie Neels en Anze.

  4. Viooltjie

    30 Maart 2016

    Mooi een, baie goed gedoen 🙂

  5. Linnie van Niekerk

    1 November 2016

    Dit is ‘n baie mooi gedig. Jy tower met woorde

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 24
Kommentaar telling: 39

Ek floreer op n vlak waar woorde en emosie ontmoet, hande vat en net daar en dan die Tango dans. Die lewe gooi soms skerp draaie met n mens, maar as jy aanhou dans skuif dit die fokus op die geskenke wat die lewe bring, nie die wonde nie. Skryf is my passie, daarom is ek hier.

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 51 gaste aanlyn

Bydrae Totale