Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: ALTYD ‘n NUWE DAG

Deur Paula Paxton
Datum gepubliseer: 19 Julie 2019 Aantal woorde: 71 84 Kere gelees 1

Goudstreep val oor houtvloer
deur roetbelaaide ruite.
Beklemtoon stowwerige duiwelsdons
wat onder swaar meubels vergader.

My naggewaad is flodderkous
met kabaai oorgegooi,
span ek my logge liggaam
moeisaam van die katel.

Skree planke hul krakekreet
asof hul onder my gewig wil breek
terwyl moegeloopde voete
skuifel-skuifel sleep.

‘n Nuwe more breek.
Gooi sy glans in leeggehuilde vertrekke,
Kom koop op al my traanvlekke
en vul dit met weerbegin juwele.
Paula Paxton©




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 73
Kommentaar telling: 4

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 140 gaste aanlyn

Bydrae Totale