Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Almal betaal sê die wet

Deur Charleine
Datum gepubliseer: 6 Desember 2018 Aantal woorde: 312 43 Kere gelees 1

……….....D
………..R
…………..u
druk k KURD
tot my borrel bars
soos jy sê ek is ‘n
d        D       D
r         r        .R
u        u        U
p        p        P
op die sinkdak Spreukevrou,
en kan ek lieg en rondorder!

so dis weer een vir my
en dan’s dit een vir jou

lê verstaar ek die muur
is daar ‘n muur?
hoe lank nou
byna twee uur?
druppeltjie vir
r
u
p
p
e
l
vloei die
l
e
w  e
…….….t
….e
r
u
g

watter lewe
en vir wat?

spookgesiggie sit sy langsaan my:
jy moet haar hospitaal toe vat,
kyk net hoe lyk sy!
vir wat,
sy sê mos sy’s OK!
toe gaan ek maar,
ek’s haar ma,
vir haar…

nog ‘n sakkie,
nog nie skoon,
nog steeds drup en drup en drup
in stilte sonder taal
net veraf stemme
en gewone klanke
van trollies en staal
terwyl niks en niks en niks
in my bly maal

hoekom het die Here
my toe nie kom haal?
wou Hy my nog nie
of dalk ook nie hê?

met sy kop in sy hande sit
hy eenkant by my voete, bid?

die oggendure daag
in die nog donker saal
ons kan na vier ure
nou maar die drup afhaal

mevrou, jy moenie weer nie
die goed is regtig gif
dokter, ja, dit was tog mos die punt?
maar daar was nie meer nie
en die ad sê dis vir bloedjies –
en ek’s toe nie ‘n kinder nie

so kyk ons maar weer noord
gaan aan asof niks gebeur
dieselfde stront en wind
en sy gatslag toe die medies
die eis ook nog afkeur

en ek weet net ek moet voort
vir my wit gesiggie
graatjie kind
en mag sy eendag vergifnis
in haar binneste vind
vir haar ma wat almal mos
so heel hooploos wou verlos

© Charleine Collins 6 Desember 2018




  • TEMAS

    Laat u kommentaar

    GESKRYF DEUR

    Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

    Publikasies: 38
    Kommentaar telling: 31

    Gebruikers Aanlyn

    0 Lid, 63 gaste aanlyn

    Bydrae Totale