Jongste aktiwiteit:

alkoholis

vandag drink jy weer
uit vergetelheid se kuip
goue nektar wat Bacchus
oor jou swaar tong bedruip
om verlammend
deur jou bewussyn
te kruip

die lus
oorskry lankal die wil
die wete van realiteit
wat wik en weeg
tussen kwaliteit versus kwantiteit
‘n wen-wen situasie
verander in ‘n
verloor-verloor stryd

waar ‘n wil is
is altyd ‘n weg
redding te kry
deur dié houvas te bely
gedetermineerd rug te draai
oor verslawingslus
wat oorwinning wil kraai

©Driekie Grobler
20/6/2019




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed