Jongste aktiwiteit:

Alfonso se kruis

Ons lê almal op ʼn hoop op die dagbed. Moeg ge-son en moeg ge-sand. Met die uitloer na al die dinge wat sommer hier op ons gehuurde weskus voorstoep gebeur, merk ons ʼn vrou wat dwaal.
Sy kyk en stap. Staan en kyk weer….. Ons snuggle voort. “Mamma wat soek die vrou hier voor ons deur”?
Dit was dalk ons saamwees wat haar laat stop het. Dalk die lang bene van my seun kind oor my skoot, ek weet nie. Dit was ʼn split sekonde se oog kontak van een ma met ʼn ander Ma. ʼn Ma weet….
“Middag”, groet ek die dwaal vrou.
“Mirrag mavrou”,se sy.
“Het jy iets verloor”, vra ek.
Sy stap tot reg voor my en die kinders wat op die stoep lê.
Sy draai weg van ons. Sy kyk uit oor die stukkie gras, voor ons huisie.
“Mavrou wee jy. Ek het hom hier opgetel 2001”. Ekke was noggie wee hie verby nie. Ek kon noggie mavrou”.
“Wie”? Vra ek en die kinders gelyk.
“Alfonso mavrou. Hy was maar net twenty one”. Daai oggend het ek hier oorie kop gehol met my skirt so opgetrek”.
Sy wys ons. “Hy was nog lou warm mavrou wiet”. Hulle het hom geskiet”.
“Hier”, en sy druk op haar hart.
“Hy wassie n tronk kind nie. Okkie drugs nie”.
“Hy was net my Alfonso mavrou”.
“Ma ek stap nou eers wee an mavrou. Julle moet lekker vakansie hou”. Sy kyk om na ons want sy het nog die heeltyd met die gras gepraat.
Met die wegstap se sy, meer vir haarself as vir ons wat soos visse oopmond lê…”almal se ek moet ʼn kruis hier kom plant. Ma ek gannie”.
Ons het nie gevra hoekom Alfonso se ma nie ʼn kruis wou plant nie.
Toe sy wegstap stap sy met haar skirt so opgetrek. ʼn Krampagtige onthou in haar hande.

…..sy dra sy kruis……




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed