Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: *AKWATOWA. (PORT NOLLOTH)

Deur Margaret Cordier
Datum gepubliseer: 4 Mei 2019 Aantal woorde: 121 250 Kere gelees 3

Jou verse val *malmokkie op my oor
wyl klinkende klanke uit jou mond
tok
tok-tokkie klop teen mure van skryfkamers
waar delwers nog plek-plek
ok
wag vir die groot klip
in hul skoot
die laaste edelstene te haal
uit jou Port se taal
skatkis
in mis
troostige mishoring fluite
roep duikers in skuite
-*kurikamagu van die *//khâb
dis tyd om uit te gaan.

silwer suider ster sinne
hang nou in stringe
hang soos *bokoms
en dis hokom
ons dans.
*Gangans.

MCDb.

*Akwatowa: waar die water die ou man weg gevat het.
Die oorspronklike Nama naam vir Port Nolloth
*malmokkie: sagte misreën – eie aan die kontrei.
* kurikamagu : die seisoen
*//khâb. : maan
*bokoms. : gedroogte vissies/harders
*Gangans. : Dans.




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 31
Kommentaar telling: 18

Ek bly in die Waterberge en is baie lief vir alle vorme van kuns. Vir my gee die skryf van gedigte; prosa; sketse en dies meer, die geleentheid om my diepste belewenisse en waarnemings neer te pen en te deel met lesers.

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 137 gaste aanlyn

Bydrae Totale