Jongste aktiwiteit:

Agterpraters

Agterpraters

Eenmaal ongevlek vlam jou verhaal
nou fletsend donkerswart geletsel
kerf geeljaskind se bek jou kaal
jou weggooihart versmoor in braaksel.
Steeds draai ons aarde om en om
en jy draai maar swygend saam
die agterpraters – nou kamstig stom
En ek? Ag Here – ek’t dan ook met die tong geslaan!

© Barbara Smit 22/03/2019

• Neologismes – geeljaskind, weggooihart, agterpraters
• Interteks – Eenmaal: CM van der Heever

Eenmaal

Ook eenmaak in die kringloop van die tye
sal hierdie aardbol uitgebrand en dood
in eindelose leegte hang en afstand-swye
sal nog sy uitgeworpenheid vergroot.
En al die mensgeslagte sal vergete
en weggebrand wees net soos gras;
Maar, God, die swaarste – hoe klein! – is nog die wete
dat ek ook deel van die verwoesting was!




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed