Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: agter om

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 31 Oktober 2020 Aantal woorde: 65 31 Kere gelees 2

.
waar da gama soek
geute wat water see toe ryg
fisante wat koning kraai
see wat brom en ruis
dit is st helenabaai
.
my duin se klanke
verwissel van toonhoogte
wanneer suidewind waai
dan tier en lier golwe
in wit sproei geverf
.
net duskant die duin
in sloep wat landwaarts styg
groei fynbos geil en groen
agter om my duin wei
grysbokke soms
.
©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 1001
Kommentaar telling: 134

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 95 gaste aanlyn

Bydrae Totale