Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: afskrif van die skilderdoek

Deur Tearlach
Datum gepubliseer: 5 September 2019 Aantal woorde: 142 61 Kere gelees 2

kleure prag in fynbos uitgestal
rollende duine vol skilderye van Hom
geen vermenging – slegs kolle saamgevoeg
in neon kleurige skilderdoek wat leef

mense lewens saamgevoeg
in donker afrika se barbaarse veld
geen natuurlike vermenging – slegs natuurlike
skeppings drang wat reik na hoogste eer

diere lewe verplant deur mense
vermeng en herskep vir mense giere
om geld te maak uit giere wat miljoene kos
wat skepping dalk vir ewig kan wysig

verskeidenheid van plante jaarliks gelys
wêreldwyd geneties gemanipuleer tot beter oes
om geld te maak uit kontrak reg en aardse wins
wat natuur vir ewig verander na mense gier

my duin klink bitter en suis ‘n tragiese lied
maar hier vas op die sand ken my gees wel die waarheid
dat alles wat is – was reeds gewees – en alles wat kom
is reeds lank vooruit bepaal – in Sy hande

©Teárlach




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 636
Kommentaar telling: 98

Gebruikers Aanlyn

2 Lede, 94 gaste aanlyn

Bydrae Totale