Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Afrikaans – ontembare taaltongtekkie

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 19 November 2019 Aantal woorde: 201 34 Kere gelees 1

o, my bokkie, my bekkie, my taaltongtekkie
nes ek jou gemaklik in volksmond vind
draai jy spelend, ontembaar weg
om lêplek te kry in ‘n nuut-ontdekte taalbed

vry, op die rug van die wind
speel jy vrolik met klanke en woorde
wat geslagte en nasies
oor dekades alreeds saambind

menige puris het al sy moses teëgekom
deur jou rigied in kettings te wou slaan
maar jy laat jou nie só maklik tem en bind
soek vrygeestig, voortdurend nuwe speelveld

wat kan ons anders verwag
van ‘n dame wat begeer om jonk en mooi te bly
nie gaan toelaat dat stagnasie
haar vooruitgang en denkpatroon kasty

o, my bokkie, my bekkie, my taaltongtekkie
jou sal ek volg tot die perde horings kry
saam met jou gly oor vernuwingswinde
saam met jou die golf van vryheid in taal ry

my hart is jonk reeds aan jou uitverkoop
deur jare het ek saam gestry en baklei teen ontvorming
wou jou as besitting aan myself toeëin
net om te besef, op jóú het ek geen besitreg

o soetste, mooiste, moedertaal
jou het ek lief met hart en tongklap-simbaal
nooit weer sal ek twyfelend wroeg
en met afguns jou vryheid faal

©Driekie Grobler




TEMAS
2 Kommentaar
  1. Seirdna

    19 November 2019

    Baie mooi bewoord

  2. Seirdna

    19 November 2019

    ..ek loop nou sommer die heeldag en se
    “o, my bokkie, my bekkie, my taaltongtekkie”

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 32
Kommentaar telling: 128

Gebruikers Aanlyn

1 Lid, 107 gaste aanlyn

Bydrae Totale