Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Afgebaken

Deur Laantie le Roux
Datum gepubliseer: 23 Januarie 2020 Aantal woorde: 105 61 Kere gelees 1

Afgebaken

tussen teer en draad
het Hy sy verfkwas geswaai

uitspattige geel
uitbundige pers laat drup uitgevlok
soos op ‘n modepop se rok

wit witjies dartel en fladder
met engelvlerkies wat witsag wapper
op en af oor kleureprag
op ‘n mooie dag

afgebaken tussen teer en draad
dis waar die reën eerste kon seën
glyspoel en streel
op die barre grond

vetronde druppels kon
speelspat oor saadjies
strelend oor my hartspaadjies

plasse blinkend in goue son
grassade drawwend in die wind

kleurvolle dankbaarheid
afgebaken tussen teer en draad
laat my dans soos ‘n gelukkige kind
reisend saam met die wind

©Laantie le Roux
23/01/2020




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 7
Kommentaar telling: 1

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 52 gaste aanlyn

Bydrae Totale