Jongste aktiwiteit:

Adelike siele

Jy was dom om na haar toe te kom
in haar hart te kruip
eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g
agter haar dofste eng spieël
kadawers van dieselfde klawers
narkoties in die walms van jul stiltes
hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes
met jou segende vingers
liefkoos jy elke primadeeltjie
van haar gesilhoeëtteerde self.

Lae van jou siele-adelikheid
sypel deur haar veskansde woorde,
sy salf jou uit die krake van haar voetspore
soms trek sy selfs jou skoene
van jou
voete af
wanneer jy haar heilige grond betreë;
maar môre, donker voor dagbreek
voor die kwêvoëls wâ-ha-ha-whê gil
laat sy jou weer gaan
om jou somer te loof
doer-ver agter haar hart se krater.

So is die lewe,
so is die Lot
of was dit maar net sý vrou.

© Caren Kearley
Kopiereg voorbehou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed