Jongste aktiwiteit:

  • Profiel foto van -(f.v)

    -(f.v)

    4 jaar, 4 maande gelede

    Briewe
    (Deel 1)

    Ek wil graag nog vir jou vele briewe skryf,
    briewe oor hoe ek alles sien,
    oor die pienk olifante wat loop in my tuin
    en die kringe onder my oë,

    Ek wil nog vir jou skryf oor die
    suis van die bome en die
    blitse in my hart,

    ek wil skryf, maar ek weet nie hoe nie
    en ek kry nie die woorde nie ,

    Ek wil graag nog skryf oor hoe jy my hart
    verander het en hoe ek jammer is dat ek dit nie vroeër geweet het nie,
    ek wil penne stukkend skryf ,
    totdat daar druppels bloed op die papier lê,
    stukkend, sensetief en kwesbaar

    ek wil so graag, maar
    ek weet nie,
    ek weet nie of jy sal verstaan ,
    hoe die bloed op die papier
    daar gekom het nie,

    Ek weet nie of jy ook die pienk olifante sien nie ,
    Ek weet nie of die bome ook vir jou fluister nie , en of jy dan ook luister nie,

    Ek wil skryf oor die potblou voëltjies en
    die pers renoster en die
    steek gevoel in my hart,
    ek wil skryf oor wat ek nie weet nie,
    wat ek nie verstaan nie ,
    ek wil hê iemand moet verstaan,

    vir jou , wil ek nog baie briewe skryf, maar
    ek is bang soos ek altyd is dat as jy my beter leer ken,
    sal jy te bang wees vir my wilde woeste siel.
    -(f.v)

    Be the first to like this!
    no comments
Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed