Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Abrahamsoffer

Deur Driekie
Datum gepubliseer: 9 September 2020 Aantal woorde: 104 84 Kere gelees 3

op die sandvlakte van die Kalahari
pryk ʼn houtaltaar – die baldakyn van gras
onwetend in afwagting vir ‘n opdrag
van die oppergesag

om op ʼn bepaalde tyd en sabbat
sy Abrahamsoffer te laat ontvlam
onskuld met ootmoed te verswelg
tot roet en as

geen plaasvervangerlam of offerbrood
vir dié spesiaal voorbereide liefdegawe
hierdie keer nie enkel, maar tienvoudig
elkeen edelmoedig by die naam geroep

nie verweg op ʼn berg in Moria
maar hier naby, tussen rooigrond en stoppelgras
word ‘n gawe intens in oomblik
met dank van bo ontvang

eeue gelede kon Abraham
sy liefdegawe behou
nou treur drie families
maar berus in oppertrou

©Driekie Grobler
7/9/2020




TEMAS
1 Kommentaar
  1. Anze

    9 September 2020

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die September 2020 – Liefdes-projek

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 51
Kommentaar telling: 123

Gebruikers Aanlyn

0 Lid, 210 gaste aanlyn

Bydrae Totale