Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: Aartappel Maats

Deur Koos Elsum
Datum gepubliseer: 6 Junie 2019 Aantal woorde: 61 111 Kere gelees Hou van

Hard
swart klip verbrand
in helle vuur,
verpletter tot plaat
verdruk tot draad.

Verruk van aard
Geknip na verlangde
maat,
Verkrul in doel gemaakte
oë.

Sag warm
vogtig in natuur
baarmoeder geplaas,
groen loote in
blou lig gestoot
water vervul.

Stadig
vorm maatjies
na eie aard,
boepens knuppel dik
in loswikkelde grond.

Aarde
beweeg opgetel
gewas verpak
toegedraai
met harde
Draad.




TEMAS
3 Kommentaar
  1. morne du preez

    6 Junie 2019

    baie goed koos

  2. Koos Elsum

    7 Junie 2019

    Morne, Glo my vry ek waardeer jou kommetaar ! Dit so lekker om kommetaar te kry en enige kommetaar is goed.

    Koos

  3. Anze

    7 Junie 2019

    Puik stukkie digkuns hierdie!

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 61
Kommentaar telling: 9

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 98 gaste aanlyn

Bydrae Totale