Welkom, Besoeker
Welkom, Besoeker

Titel: AANDAG: PENDORING DEELNEMERS

Deur Francois Meyer
Datum gepubliseer: 5 Julie 2018 Aantal woorde: 189 288 Kere gelees 1

AANDAG ALLE DEELNEMERS VAN PENDORING SE TWEEDE KOMPETISIE

Hier is ‘n paar riglyne vir diegene wat nuut is by INK en dalk nie weet hoe om te werk te gaan nie. Ons gaan probeer om die tegnologie agter hierdie kompetisie vir julle so gebruikersvriendelik as moontlik te hou.

Stappe vir plasing van kompetisie-opdragte op INK:
1. Teken in met jou e-posadres en wagwoord.
2. Klik op “PLAAS NUWE PUBLIKASIE”
3. Tik jou inskrywing se titel in.
4. Kies “Gedigte” onder “Bydrae Kategorieë”
5. Merk die ‘checkbox’ langs “Pendoring/INK kompetisie”
6. Kies soveel temas as wat jou gedig behels.
7. Tik jou gedig in die oop veld onder “Beskrywing”
8. Klik op plaas.

INLEIDINGSOPDRAG:
Skryf solank ‘n gedig wat oor jouself gaan en maak seker dat jy die stappe hierbo volg. Hierdie opdrag sal nie vir die kompetisie in ag geneem word nie, maar dien slegs as ‘n proeflopie om seker te maak dat elke deelnemer regkom met die plasing van hulle opdragte.

Onthou dat julle enige tyd vir Anzé Bezuidenhout kan kontak indien julle hulp rondom plasings op INK benodig.

Môre skop ons uiteindelik af met Opdrag 1 en ons is baie opgewonde oor hierdie kompetisie!




TEMAS

Laat u kommentaar

GESKRYF DEUR

Jy moet ingeteken wees om boodskappe aan hierdie skrywer te kan stuur.

Publikasies: 39
Kommentaar telling: 36

Francois is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was ‘n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark en sy digkuns is reeds op skool geprys. Hy debuteer met Tempora Animus op 19-jarige ouderdom in 2013. Vandaar het hy Onder die Dekmantel(2015), Digtershart (2016) en Pendulum (2017) as digbundels vrygestel. Francois is ‘n kampvegter vir lupus en sy prosaboek, Die wêreld deur haar oë, was vir twee weke die topverkoper op Kobo Books in vyf kategorieë. Hierdie publikasie is ook in Engels vrygestel. In 2017 word hy as Ink Skryf in Afrikaans se rubriekskrywer van die jaar aangewys en verwerf ook ‘n tweede plek in die kategorie Digter van die Jaar. In 2018 ontvang hy ‘n Radio Rosestad Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur.

Gebruikers Aanlyn

3 Lede, 55 gaste aanlyn

Bydrae Totale