Jongste aktiwiteit:

AANDAG ALLE SKRYWERS – Woordfees skryfkompetisie

http://woordfees.co.za/inhoud/feesinligting/kortverhaalbundel

Kliek asb op hierdie skakel vir die Media 24 se woordfees, ek dink hier is ‘n hele klomp skrywers op INK wat kan inskryf

Dit is tyd vir die derde US Woordfees-kortverhaalbundel. Bly – in 2016 – asook 2017 se Wys is baie goed deur skrywers en die leserspubliek ondersteun en slegs enkele eksemplare van die 2017-bundel is nog te koop. Boonop sal dit in die jare wat voorlê, kan dien as ’n dokument van die tydsgees waarin veral Afrikaanssprekende Suid-Afrikaners hul bevind. Die wenverhaal in 2017, “Langsaan” deur Michèle Meyer, word boonop ook as kortrolprent verwerk en sal vir die eerste keer by vanjaar se Silwerskermfees te sien wees. Die bundel word in ’n beperkte oplaag uitgegee wat aanvanklik slegs by die US Woordfees te koop sal wees. Indien enige eksemplare oorbly, sal dit by enkele uitgesoekte boekwinkels beskikbaar gestel word en weer by die volgende jaar se fees te koop wees.

Besonderhede vir inskrywings

* Slegs Afrikaanse kortverhale sal aanvaar word.

* Die kompetisie is oop vir alle Suid-Afrikaanse skrywers. Werknemers en familielede van Du Toitskloof-wyne en die US Woordfees word nie toegelaat om deel te neem nie.

* Slegs een inskrywing van 1 500 tot 3 000 woorde word per skrywer aanvaar.

* Verhale moet ’n nuutskepping wees en nie voorheen op enige platform gepubliseer wees nie.

* Die skrywers wie se verhale in die bundel opgeneem word, sal elkeen ’n eenmalige betaling van R4 000 ontvang.

* Die skrywer van die wenverhaal kry prysgeld ter waarde van R30 000.

* Kopiereg van die verhale berus by die skrywers, maar kopiereg van die bundel setel in die US Woordfees. Indien verhale wat in die bundel opgeneem word ook elders gepubliseer word, moet dit geskied met skriftelike kennisgewing aan die US Woordfees
sowel as skriftelike erkenning met publikasie.

* Kopiereg van vertaalde verhale moet tussen die skrywer en die vertaler uitgeklaar word. Die US Woordfees sal slegs met die skrywer van ’n verhaal in gesprek tree.

* Keuring word streng anoniem gedoen. Die skrywer (en vertaler) se naam en kontakbesonderhede moet op die onderstaande inskrywingsvorm ingevul word. Slegs die titel moet op die verhaal verskyn, nie die skrywer se naam nie.

* Verhale moet in Times New Roman, 12-punt en 1,5-spasiëring aangebied word. Elke bladsy moet genommer wees met die titel van die verhaal duidelik sigbaar.

* Indien daar enige blatante verwysing na die skrywer in die verhaal gemaak word waaruit beoordelaars sy/haar identiteit kan aflei, sal die verhaal onmiddellik gediskwalifiseer word.

* Verhale sal geredigeer word voor publikasie, met goedkeuring daarvan deur die skrywer.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 30 September 2017 om 16:00 .

Stuur inskrywings per e-pos aan Pieter Eksteen by pieter.eksteen@za.pwc.com. Geen kompetisienavrae wat na hierdie adres gestuur word, sal beantwoord word nie.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed