Titel: aambeeld
Deur Tearlach

so gereeld soos hamerslae op ‘n aambeeld
kom die slae van golwe wat op die strand neerstort
soos metaal gesmee word in vorms, so word die sand
vandag lyk dit glad en lê dit soos ‘n spieëlbeeld uitgestrek
môre uitgekalwe soos die kake van ‘n groot seedier
wat konstant is, is die slae van die aambeeld
die hamer wat nooit, ooit gaan rus
soos die pendulum van ‘n klok
kom golwe klokslag tuis
so loop tyd uit my lyf
om eendag op
gegewe tyd
te gaan
rus
©Teárlach
TEMAS