Jongste aktiwiteit:

Aalmoes kardoes

Op Melkbosstrand word die son
se laaste strale uitgemelk
voor die nag strakkies sy aalmoes uithaal
uit ‘n sterreprag kardoes

Westelangs dans die skemer
in bloeiende vlamme van granaat
en verf bloedgeel vlasse
oor ‘n kobalt obligaat

Die dag se hart gaan lê
in golwende branders
en ek stamel klankloos
na hierdie grootheid se wonders




3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed