Jongste aktiwiteit:

MISKRAAM

(BRONS)

Afwagtende verwagtende
was sy eens
’n lewe in wording gekoester
en sy, een gemaak
met die vreugde wat
nuwe seisoene bring
sou antisipeer
wou alles leer
van die onafwendbare onbekende
vir bietjie dae
was die afwagtende gekoester
haar beskore
tot die wind binne haar
skeef loop draai
en winter word weer winter,
’n lente en somer skielik verlore

©HMellet2021




Ek is maar net 'n kaalvoetkind van Namakwaland, verslaaf aan die reuk van ink op papier en honger vir woorde wat siele versadig, of dit nou uit my pen kom of joune.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed