Jongste aktiwiteit:

Kompas Cowboy (Silwer)

vrouman is n cowboy
‘n kaartman inklusief
hy speel in na-nagure
en skryf sy naam kursief

sy dryfding is sy baby
almal kan maar staar
old spice is sy perfume
hy drink milkshakes in die bar

om sy nek ‘n goue ketting
wat sy adamsappel vlei
sy boots is blink met klingels
hy’t ‘n sexy aan sy sy

sy kitaar is swart en ougoud
country is sy ding
Jim Reeves kry ‘n tribute
as hy yodel voor hy sing

die songs hier in die bar
is sy stand-up cowboy werk
Sondag gaan hy en sexy
en doen voorsang in die kerk

sy rigting is sy kompas;
sy opstaan is sy wens
hy het miskien nie styl nie
maar hy ís ‘n goeie mens

Seirdna (A Fourie)
27/07/2020

*vrouman – anglisisme vir “ladies man”




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed