blink
alles wat blink is nie silwer nie
my duin lê oop en aanlokkend
die wind waai vir ‘n vale daaroor
sandkorrels priem my gesig
die see lê blou en wipperig
die wind stu teen die golwe op
veroorsaak wit sproei mis
ver oor die buig van die see
staan torings van ‘n vragskip uit
wieg stadig byna onsigbaar
terug oor blom bedekte duine
vee wind die droë blomme in hope
droë trane van gister se mooi
blink was sy toekoms voor hom
tragies sy vroeë afsterwe en trauma
so vernietig winde van geweld
blinker as die blinkste ster
klim die geel maan op oor die kim
in halfsirkels vertel hy ‘n storie
waar dit blink haas mense heen
maar helaas druip hul terug sonder vrug
opgeneem in hul eie droom reën
©Teárlach
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.