Jongste aktiwiteit:

Stilwees in liefe

helder voel jy die vlinders in jou binneste
met kleur omhul spartel jou gedagtes
mooi is die liefde op die wysie van geluk
terwyl die horison se geel oranje jou toevou
met swart silhoeëtte in mekaar se arms vasgehou

blou is die stilwees van ‘n liefdesgedig
terwyl rooi lippe mekaar in ‘n kus betug
en geel geen jaloesie opdis
kom iemand met ‘n laaste hoes gekug

staan jy skaamteloos terug
uitgevang met ‘n glimlag
omvou in liefde op die brug
kubbel water kleurloos die stilte in pag

betowerend fladder vlinders ondeund
daar waar dit saak maak ongedeerd
wy die liefde kleurvol getooi
vergaan kleure nooit in die stilwees van liefde so mooi

©Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed