Terapeuties
Die voël is my boom
op ñ palmtak
fladderstrooi haar vere rond
en met gesmoorde toon (tjirp-tjirp)
gee my kittelorige hart tintelinge
van blydskap
later kom pronk sy haar
rooibors op my perskepitvloer
sy flap haar vlerke teatraal
en sing note in gekuiste taal
skielik kom sit sy op my berghoë hare
en soos ek my blou oë oorreis na bo
skud sy haar skarlakenvere oor my hoof
en tierelier weer liedjies uit volle bors.
©Zebulon Kochk
Konnichiwa Gedigte
zebbiezieboé
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2020 – Klanknabootsing projek