Jongste aktiwiteit:

hale

oor sy skraal lyfie
lê die hale van die belt
hier en daar gekneus tot blou
nie die skade aan sy vel wat tel
eerder die diepe roes in sy siel
roes wat soos koue koors
kom en nooit verdwyn
enige straf met mond
of roede is goed
solank dit eg
regverdig
is
maar
die houe
van
onregverdigheid
vervaag nooit
uit ‘n kind
se hart

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed