Jongste aktiwiteit:

Die Swaan

Daar iewers het ek my Rembrandt vergeet
sy bloed pers nog druppel-drip uit my hart,
en ‘n akrielreuk wat my verlange verhard-

daar iewers het ek my Dali vergeet
oor ‘n geruite vloer, tamboer dit my,
wyl ‘n pappegaaibek kwas snik-snik demp-

daar iewers het ek my Monet vergeet
in ‘n reën-nat papawer tuin
tussen droombuise gekwyn,

daar iewers saam die aartappel-plukkers
waar die stofmoddergrond my nie laat vergeet
van ‘n afoor aanhou wen, sit ek-

en ek kyk diepgevange na hulle
wyl selfs nie eers die bibber my afweer
skets ek ‘n prentjiesraam uit-

vier op vier op vuur
en ek brandmerk dit vas,
vas aan ‘n ouseerplek-

en ek luister vasgeskilder,
gekelder saam bloedpers papawers
na hul stemme, wat ‘n nuwevuur opvonk

vanuit die swartgrond sal hy onstnap
tot by ‘n witlelie en ‘n grysdonsveer,
buig ek voor jou neer.(na die applous)

©Morné du Preez




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed