Jongste aktiwiteit:

Eksamen Saal

Die saal is vol
met hol maag gevoel
die vloer kraak
onder ń swaar kennis gewig
wat oral los lê,
uit ore geval.

Vraestelle val een een
op blink bruin vlak
flappende vrae wat
antwoorde teen wit
in swart gebied.

Stof staan stil
in ligstraal
as stoele skuif
een begin skryf
ander agteroor buig.

O die onkunde van
dae se studeer
skande van niks op papier
hardloop teen onderwyser
treë wat waak.

Dan skiet die prop
skrif die vloei
van onthou na ink, griffel…
tot eindskoot,
sit neer
vou toe papier
nog voor die vraag
gelees kon word.




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed