Sien jy . . .
Besig om haar daaglikse brood te verdien
gaan sy om ‘n kliënt te bedien
niks vermoedend maak sy die deur oop
daar staan hy . . . lank, aantreklik, glimlaggend
sy blik half amusant geheimsinnig
gly soos ‘n x-straal masjien oor haar
sy half onkant gevang neem alles in ‘n oogwink in
vir sekondes neem dit haar terug na haar blonde reus
sy ken daardie geamuseerde geheimsinnige blik
te goed
ook die amoreuse gedagtes wat dit voed
eens het haar blonde blou-oog reus
haar daarmee telkens vermaak
sien jy die man my so aankyk my lief
so soos net jy dit eens mag doen
frons jy daar in die hemel in misnoeë
wonder jy of ek jou verergdheid voel
ek voel dit duidelik my lief
wees getroos
die enigste genoeë wat ek uit daardie kyk put
is dat dit my tere herinnering aan jou
weer vars kom lê het in my hart
sien jy ook dat my hart
nog warm klop vir jou
dat jy in die hemel
nog steeds my hart vashou
terstond glimlag sy terug
in haar verbeeldings vlug
sien sy haar geliefde voor haar staan . . .
22 November 2019
©Marsofine Krynauw
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.