Jongste aktiwiteit:

Lapis lazuli

as
witborswolke skreeu
oor die hemel se verlanglys
speel sporadiese reën
ñ sagte lied.

die lugkleur word al witter
tóg blou in die gewelf diep
soos jou oë se asuurblou
met kistralle van goue piriet.

omdat nét vlugtige korrels
sputter potblou in lapis lazul’.

*lapis lazul – ñ blou steen

©Zebilon Kochk
Konnichiwa Gedigte
13 Oktober 2019




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed